Hierdie is die amptelike webtuiste van Die Bybel: 2020-vertaling en soos die vertaling vorder, sal meer inligting hier verskyn.

Die doel van hierdie Afrikaanse Bybelvertalingsprojek is om 'n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik te skep.

 

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Desember 2020 uitgawe (Vol 60, nr 4) se tema is Opstelle oor die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans en is opgedra aan Bernard Combrink.

Lees gerus meer.

 
 BSSA online survey AFR 800px

KLIËNTEOPNAME: Ons doen 'n studie oor die 2020-vertaling van die Afrikaanse Bybel. Neem asseblief 'n paar minute om die vraelys te voltooi.

 

KONFERENSIE OOR DIE 2020-VERTALING VAN DIE BYBEL


In hierdie reeks bespreek lede van die vertaalspan, onder leiding van prof Bernard Combrink, die uitdagings en interessanthede rondom hierdie vertaling.

Kyk hier na die aanbieding

KONFERENSIE VAN DIE BIBLE TRANSLATION FORUM TE EWERSBACH, 20-21 APRIL 2021


In hierdie aanbieding verduidelik Bernard Combrink die versoek vir en proses van die 2020-vertaling.

Kyk hier na die aanbieding

 

Wil jy graag meer weet oor die vertalingsmetode agter die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans?

Die Departement Hebreeus aan die Universiteit van die Vrystaat bied 'n semesterkursus in Moderne Bybelvertaling op derdejaars vlak aan. Klik hier vir meer inligting.

 

Wat is nuut

  • Vraag en antwoord - Kommentaar van prof Heilna du Plooy na aanleiding van die nuutste petisie teen die 2020-vertaling.
  • In die media - Toespraak van Bernard Combrink tydens die 2019 Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk.
  • In die media - Potgooie van verskeie onderhoude wat op Radio Kaapse Kansel uitgesaai is.
  • Vraag en antwoord - Leenwoorde / vreemde terme

Proefvertalings

Belangrike kennisgewing

Tot dusvêr is tekste aan die einde van fase 3 op die webblad geplaas, nadat die kommentaar deur kerklike en ander lesers in fase 3 deur die onderskeie Redaksionele Komitees oorweeg is. Dit was in elk geval slegs vir kennisname. Ons is nietemin dankbaar teenoor lesers wat sedertdien hierdie tekste gelees het en tog nog kommentaar ingestuur het. Dit was waardevol, aangesien ons na aanleiding hiervan in enkele gevalle skryffoute kon regstel.

Lees meer

 

Vraag en antwoord

Nuusbrief

Klik hier vir die jongste nuus oor hierdie vertaling!

 
JSN Solid is designed by JoomlaShine.com